Sindikaat wat in migrante handel, vasgetrek in Bosnië
Bosnië se polisie het agt mense in hegtenis geneem in verband met ‘n mensehandel-sindikaat wat minstens 1 400 onwettige migrante na Italië gesmokkel het. Die migrante kom van Pakistan, Afganistan, Indië, Eritreë en China. Die agt is in verskeie dorpe in die land aangekeer tydens ‘n optrede wat uitgevoer is in samewerking met Europol en die polisie van Kroasië, Slowenië en Italië.