Hardap-produsente reageer… sal probeer werkers aanhou
Water uit die Hardapdam vir die besproeiingskema word vandag afgesny – die eerste keer sedert sy voltooiing in 1963. Die dam is uiters leeg en het net 6,6 persent waterbronne oor. Die dooiepunt vir onttrekking vir die groenskema is 5 persent, want water moet vir menslike gebruik gereserveer word. Reaksie is ontvang van een van die produsente by die groenskema, Rico Bothma.