Nuwe planne nodig vir beter tuinbouproduksie

‘n Afname in plaaslike tuinbouproduksie het daartoe gelei dat die Namibiese Akkerbouraad die beperking op ingevoerde tuinbouprodukte in November tot net ses produkte beperk, af van 12 beperkte produkte ‘n jaar gelede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Emilie Abraham, die Akkerbouraad se tuinboubestuurder, wat sê dat boere met nuwe planne vorendag sal moet kom om beter produksie te verseker.