Regte dieet kan wanvoeding hokslaan
Wanvoeding is ‘n groot probleem in Namibië, en is dikwels as gevolg van eentonige en onvanpaste diëte. Oorgewig en vetsug is dikwels die gevolg van oormatige energie-inname en ongebalanseerde eetgewoontes. Om goeie gesondheid te handhaaf is ‘n gevarieerde dieet noodsaaklik, aangesien geen enkele voedsel al die nodige voedingstowwe kan verskaf nie. ‘n Gesonde dieet moet as ideaal daagliks kosse van al vier voedselgroepe insluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië, wat die belangrikheid van ‘n vol, gesonde dieet onderstreep.