LP’s se gedrag is ‘skandelik’
Reaksie stroom steeds in op die ongehoorde situasie dat die uiters belangrike middeltermyn begroting vir die tweede dag nie gelewer kon word nie, omdat daar weer nie ‘n kworum in die Nasionale Vergadering was nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Brian Black, die IPC se nasionale voorsitter, wat sê dit is ‘n skande en die parlementslede behoort te bedank.
Finansminister Ipumbu Shiimi sal vanmiddag weer probeer.