Duitsland ontstoke oor teregstelling in Iran
Duitsland en die Europese Unie veroordeel Iran se teregstelling van ‘n 69-jarige Duits-Iraanse andersdenkende na jare agter tralies en waarsku hulle oorweeg vergeldingsmaatreëls. Kanselier Olaf Scholz sê Jamshid Sharmahd se teregstelling Maandag is ‘n “skandaal” en minister van Buitelandse Sake, Annalena Baerbock, waarsku die “onmenslike regime”, soos sy hulle noem, oor “ernstige gevolge”. Die minister van Buitelandse Sake van Iran, Abbas Araghchi, antwoord op X “‘n Duitse paspoort vrywaar niemand van vergelding nie, veral nie ʼn terroristiese misdadiger nie”. Sharmahd, ‘n sagteware-ingenieur, was betrokke by die webwerf van ‘n Iranse opposisiegroep.