China belê N$50m in fase een van Suid-Suid-samewerking
Namibië het verlede jaar ‘n drieparty-ooreenkoms met China en die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie onderteken vir die tweede fase van die South-South Cooperation-inisiatief. Tydens die implementering van die eerste fase van die South-South projek van 2015 tot 2017, het China sowat 49,5 miljoen Namibiese dollar vir ’n verskeidenheid plaaslike ontwikkelingsprojekte gegee. By die formele bekendstelling van die baanbrekende South-South Cooperation het Ndiyapuki Nghituwamata, uitvoerende direkteur van landbou, water en grondhervorming, China bedank vir hul volgehoue ondersteuning aan Namibië.