Kamala sluit af by die Ellipse in Washington
Amerika se visepresident Kamala Harris sê die verkiesing is ʼn keuse tussen ʼn land wat gevestig is in vryheid vir elke Amerikaner, of om deur chaos en verdeling regeer te word. Sy het haar veldtog se slotbetoog by die Ellipse in Washington gelewer waar oudpresident Donald Trump se ondersteuners op 6 Januarie 2021 bymekaar gekom het voor hulle die Amerikaanse Kongresgebou bestorm het. Harris sê Trump sal die Oval Office binnestap met ʼn lys vyande terwyl sy met ʼn doen-lysie sal in stap: