Jou meter nie opgedateer nie? Kontak Stad Whk teen 8 November…
Die Stad Windhoek het uitdagings met die Token Identifier Rollover-projek geïdentifiseer. Die projek behels die omskakeling van voorafbetaalde elektrisiteit- en watermeters, wat deur munisipale beamptes gedoen moet word. Die Stad versoek inwoners wat nog nie hul voorafbetaalde meters laat omskakel het nie, om beamptes voor 8 November te kontak, aangesien die huidige stelsel op 24 November sal verval. Versuim om dit teen die sperdatum te doen kan daartoe lei dat die meters geblokkeer word en die toevoer ontkoppel word, met kliënte wat aanspreeklik sal wees vir heraansluitingskoste. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Cillie Kapolo, ‘n woordvoerder van die Stad Windhoek, wat verduidelik.