Christina Applegate het veelvulige sklerose

Die Amerikaanse akteur Christina Applegate het bekend gemaak sy ly aan veelvuldige sklerose. Die 49-jarige het roem verwerf danksy haar rol as tiener in die sitkom Married….with Children en het ook in Bad Moms en Dead to Me gespeel. Applegate sê in ‘n tweet sy is ‘n paar maande gelede gediagnoseer, en is sedertdien op ‘n vreemde reis en moeilike pad. Die siekte word beskryf as ‘n ongeneeslike toestand wat begin wanneer die slagoffer se immuunstelsel die bedekking van senu-vesels in die liggaam aanval.