NSA-hoof weerlê Amupanda se aantygings
Die Namibiese Statistieke-agentskap stel vandag die 2023-sensus hoofverslag bekend, wat addisionele inligting verskaf oor die nasionale bevolkingsensus wat verlede jaar afgehandel is. ‘n Voorlopige verslag is reeds op 13 Maart vanjaar vrygestel. Statistikus-generaal Alex Shimuafeni het die aankondiging gemaak en ook sekere bewerings weerlê wat onlangs deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, gemaak is. Volgens Amupanda het die regerende party die agentskap opdrag gegee om onder andere nie die werkloosheidsyfers bekend te maak tot na die verkiesings nie. Shimuafeni sê al die belanghebbendes kry die statistieke op presies dieselfde tyd.