Wat maak SARB in November?

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy repokoers op 19 September met 25 basispunte tot 8 persent verlaag. Dit was die bank se eerste beleidsverligting sedert die pandemie in 2020. In Augustus het die jaarlikse inflasiekoers in die buurland van 4,6 persent tot 4,4 persent gedaal. Die bank se volgende repokoersaankondiging sal op 21 November wees. In Namibië is die repokoers vroeër verlaag en staan tans op 7,25 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Roelof Botha, ‘n finansiële adviseur by die Optimum Groep, wat sy voorspelling vir die volgende Suid-Afrikaanse aankondiging gee.