Steeds geen kworum vir middeltermyn begroting!
Ongelooflike tonele het hom in die Nasionale Vergadering se sitting afgespeel. Dit het eers drie-uur begin en steeds was daar nie ‘n kworum vir die middeltermyn begroting nie. LP’s was blykbaar nog in die restaurant besig met middagete. Die sitting moes reeds half-drie begin het. Dit kom na die sitting gister uitgestel moes word omdat daar nie ‘n kworum was nie. Speaker, professor Peter Katjavivi was onbeïndruk en het die sitting verdaag.