Ineenstorting van Atlantiese strome bedreig Nordiese lande

ʼn Groep wetenskaplikes waarsku teen ʼn moontlike katastrofiese ineenstorting van die Atlantiese Oseaan se seestrome. Dit beklemtoon die onderskatte gevaar wat dit vir Nordiese lande inhou. Die groep sê in ʼn ope brief aan die Nordiese Raad veranderinge in die Atlantiese Meridionale Omkeersirkulasie is noodsaaklik vir Arktiese lewensomstandighede. Die VN se inter-regeringspaneel oor Klimaatsverandering sê die ineenstorting behoort nie voor 2100 te gebeur nie, maar wetenskaplikes sê volgens nuwe navorsing kan dit binne dekades plaasvind en ernstige gevolge inhou.