Slang spesie word vernoem na Leonardo DiCaprio

Wetenskaplikes het ‘n nuwe slangspesie in Indië se Wes-Himalaja-streek ontdek en dit na die Hollywood-akteur Leonardo DiCaprio vernoem, ter erkenning van sy omgewingsaktivisme. Die Anguiculus dicaprioi, is ‘n koperkleurige slang met “dosyne tande” wat in Junie 2020 deur ‘n span navorsers van Duitsland, Indië en Brittanje gevind is…. Die wetenskaplikes het besluit om dit na die 49-jarige akteur te noem vir sy aktiewe betrokkenheid by die skep van bewustheid oor klimaatsverandering, verhoogde verlies aan biodiversiteit en menslike gesondheidskwessies wat deur besoedeling veroorsaak word. DiCaprio se Himalaja-slange word as klein beskou en bereik lengtes van slegs 56cm. Hulle het “kort” koppe, groot neusgate, baie tande en ‘n steil koepelvormige snoet. Die nuwe spesie word uitgeken aan sy “flou” grys band, wat amper soos ‘n “kraag” om die reptiel se nek lyk.