Jongste oor transito-rooftogte in hoofstad, aan die kus
Twee transito-rooftogte op dieselfde tyd en gemik op dieselfde maatskappy het Maandag geskok. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba gepraat oor die jongste op Swakopmund waar die roof by Platz Am Meer plaasgevind het en ‘n sekuriteitswag dood is. Hy wou nie bekend maak hoeveel kontant gebuit is nie maar sê die ondersoek vorder fluks.
In Windhoek is die polisie nog nie gereed om inligting te deel van die roof by die Shoprite-kompleks in Katutura. Onbevestigde berigte lui dat enigiets van 180 000 tot 500 000 Namibiese dollar geroof is maar, die polisie vra geduld sodat die korrekte inligting op die regte tyd gedeel word. Niemand is in Windhoek beseer nie maar skote is wel afgevuur.