SA het bewyse oor Gaza-volksmoord in Den Haag ingedien 

Die Presidensie sê Suid-Afrika het bewyse by die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland ingedien, oor Israel se beweerde volksmoord op Palestyne in Gaza. Die voorlegging sluit bewyse van meer as 750 bladsye in, waarin die bewerings uiteengesit word oor hoe Israel die Volksmoordkonvensie oortree het. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê volgens hierdie bewyse het Israel Palestyne deur militêre optrede benadeel, hulle van humanitêre hulp ontneem, en toestande geskep vir hul vernietiging: