Ten Hag (uiteindelik) afgedank

Manchester United het onmiddellik met die soektog na ‘n nuwe hoofafrigter begin nadat hy Erik ten Hag gister afgedank het. Dit volg na die swakste begin in die Premierliga in 35 jaar en hulle is tans in die 14de plek op die punteleer. Die legendariese voorspeler en hulpafrigter, mede-Nederlander Ruud van Nistelrooy, sal intussen in Ten Hag se pos waarneem en is ʼn aanspraakmaker om hom op te volg. Ander moontlike gunstelinge is die voormalige bestuurder van Chelsea, Graham Potter van Engeland, en die bestuurder van Brentford, Thomas Frank van Denemarke.