Depardieu se seksuele aanranding-verhoor begin

Die Franse akteur Gerard Depardieu se verhoor ​​op aanklagte van die seksuele aanranding van twee vroue begin vandag in Parys. Die 75-jarige rolprentster sal egter weens gesondheidsredes nie self in die hof wees nie. Depardieu, wat in meer as 200 rolprente verskyn het, word beskou as ‘n ikoon van Franse teater. Daar word beweer hy het albei vroue aangerand toe die rolprent Les Volets Verts/The Green Shutters in 2021 verfilm was. Die verhoor word beskou as ‘n groot oomblik vir die groeiende MeToo-beweging in Frankryk.