Komediant onder skoot oor Puerto Rico-uitlatings 

‘n Komediant wat opgetree het tydens ‘n Donald Trump-saamtrek, het onder skoot gekom nadat hy Puerto Rico as ‘n “drywende eiland van vullis” bestempel het. Tony Hinchcliffe het ook kru opmerkings gemaak oor die Puerto Ricaanse houding teenoor gesinsbeplanningsmetodes voor Trump op die verhoog verskyn het by Madison Square Garden in New York. Die opmerkings het aansienlike kritiek ontlok, onder meer tussen Republikeinse en Demokratiese politici. ‘n Woordvoerder van die Trump-veldtog, Danielle Alvarez, het gesê hierdie grap weerspieël geensins Trump of die veldtog se sienings nie.