Geen begroting vandag, want nogmaals geen kworum

Die sitting van die Nasionale Vergadering waar finansminister Ipumbu Shiimi die middeltermyn begroting sou lees, is uitgestel tot môre. Dit is omrede daar tot die groot skok van Shiimi, nie die vereiste kworum van 49 parlementslede teenwoordig was nie. Dit is nie die eerste keer dat sittings nie kan plaasvind omdat lede eenvoudig nie opdaag nie. Adjunk speaker Loide Kasingo het die aankondiging gemaak.