Toenemende ruimterommel in die soeklig

Die Europese Ruimte-agentskap is in gesprek met SpaceX oor die moontlikheid dat Elon Musk se ruimte-onderneming aansluit by ‘n internasionale handves wat ontwerp is om toenemende rommel in die ruimte te verminder. Die 22-nasie-agentskap staan aan die spits van een van verskeie pogings om die massas ruimterommel wat om die planeet draai, te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp gepraat, ’n astrofisikus wat deel is van die Nasionale Ruimtewetenskapsraad oor hoe ruimterommel hanteer kan word.