Algemene gesondheid van politici is uiters belangrik

Die ineenstorting van Netumbo Nandi-Ndaitwah by ‘n saamtrek op Otjiwarongo is steeds in die nuus. Die party sê daar is niks fout met haar nie en sy is gesond. Nandi-Ndaitwah herdenk môre haar 72ste verjaardag en was die afgelope tyd baie besig. Volgens politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah beklemtoon die voorval weer die algemene fiksheid en gesondheid van politici.