Trump maak staat op vrese by New York-saamtrek

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump beloof om Amerika weer healthy, wealthy, and great te maak. Hy het ‘n saamtrek in sy tuisstad New York se Madison Square Garden gehou. Onder die ondersteuners van die Republikeinse presidentskandidaat was die miljardêr Elon Musk, die stoeier Hulk Hogan en sy voormalige regsverteenwoordiger Rudy Giuliani. Trump sê sy ondersteuners moet die vise-president Kamala Harris se radikale linkse agenda verslaan en ‘n oorwinningsuitslag lewer wat te groot is om mee te peuter: