109 bieërs slaan toe op koshuis kostender

Drie jaar na die mislukte koshuis kostender het die Sentrale Verkrygingsraad se jongste poging 109 bieërs uitgelok. Die Tender Bulletin berig net 22 van die maatskappye is in lyn met voedselvoorsiening en die res is tenderpreneurs en maatskappye met verskillende sake profiele. August 26 het ook ‘n bod ingesit. Maatskappye moes ‘n daaglikse tarief vir ‘n leerder verskaf en die laagste bod is net meer as 27 Namibiese dollar met die hoogste, net meer as 121 dollar per kind per dag. Sommige maatskappye het streeksverskille aangedui, met die hoogste, 207 miljoen dollar vir Omusati en die laagste, 27 miljoen dollar vir Hardap.