Onwettige chemikalië in kos het dood van ses kinders veroorsaak

Die minister van Gesondheid Aaron Motsoaledi het bevestig besmette voedsel in Gauteng het die dood veroorsaak van ses kinders in Naledi, Soweto. Die owerhede het beslag gelê op onwettige chemikalië by ‘n winkelsentrum in Johannesburg terwyl daar beweer word tekens van die stof is aangetref in die spazawinkel-produkte wat die kinders geëet het. Hy het bevestig vier verdagtes is in hegtenis geneem: