Sainz spring eerste weg in Mexiko Stad

Carlos Sainz het die voorste wegspringposisie ingepalm vir vanaand se Mexiko Stad Grand Prix met ‘n indrukwekkende prestasie vir Ferrari in die kwalifiseerders, en Red Bull se verdedigende kampioen Max Verstappen die loef afgesteek. Die Spanjaard, wat die span aan die einde van die seisoen verlaat, het 1 minuut en 15,946-sekondes aangeteken en die reeksvoorloper en driemalige kampioen Verstappen met 0,225-sekondes geklop. Lando Norris van McLaren is derde, voor Charles Leclerc in die tweede Ferrari, met George Russell van Williams vyfde. Die sewe-malige kampioen Lewis Hamilton neem die sesde plek in.