Militêre komplekse in Iran getref, volgens satellietbeelde

Satellietbeelde toon dat Israeliese lugaanvalle fasiliteite getref het wat Iran gebruik vir die vermenging van brandstof vir ballistiese missiele. Reuters berig kenners meen Parchin, ‘n massiewe militêre kompleks naby Teheran, getref is. Israel het Khojir ook getref, ‘n uitgestrekte missielproduksieterrein naby Teheran. Die Israeliese weermag het drie vlae aanvalle vroeg Saterdagoggend geloods in weerwraak vir Teheran se aanval op 1 Oktober.