Landbouprojek by Etunda sal tafedruiwe produseer

Die Otjimbele-landbouprojek wat by die  Etunda-groenskema in Omusati geleë is beplan om kommersiële druiweproduksie teen 2025 van stapel te stuur. Die projek sal volgens The Brief, 120 miljoen Namibiese dollar in die land se ekonomie belê. Die projek het ten doel om Noord-Namibië as ‘n nuwe spilpunt vir hoëwaarde-gewasproduksie te vestig, werk te skep en die land se afhanklikheid van ingevoerde produkte te verminder. Sy huidige produksie word plaaslik verbruik maar namate produksie toeneem, word uitvoere na Suid-Afrika, Botswana, Zambië en Angola beplan.