Navorsing met druk op SA-families, strook met plaaslike omstandighede

Byna die helfte van Suid-Afrikaanse salaristrekkers het minder as 1 000 Suid-Afrikaanse rand oor of worstel met negatiewe saldo’s teen betaaldag. Dit is volgens ‘n ontleding deur Standard Bank, waaraan 402 000 mense deelgeneem het. Die gebrek aan besteebare kontant is waarskynlik omdat salarisse nie tred gehou het met inflasie nie. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat wat die Namibiese situasie uiteensit. Hy sê Namibië verskil nie veel van Suid Afrika nie.