Stemdag is vakansiedag

President Nangolo Mbumba het Woensdag, 27 November as ‘n openbare vakansiedag verklaar. Dit is in die lig van die presidensiële en parlementêre verkiesings wat daardie dag plaasvind en is standaard prosedure. Mbumba het Namibiërs versoek om die dag te gebruik om hul demokratiese plig uit te oefen en vir leiers van hul eie keuse te stem.