Mielieprys styg, voorraad is knap

Die mielieprys sal styg en sal ‘n impak op Namibiese huishoudings hê as gevolg van die nodige invoere. In Suid-Afrika sê Wandile Sihlobo van die Landbou-sakekamer dat terwyl die buurland ‘n swak mielie-oes in die 2023-2024-seisoen gehad as gevolg van die mid-somer droogte is daar genoeg voorraad vir die plaaslike verbruik en uitvoere. Maar dis knap. Die prys per metrieke ton het sedert Maart gestyg en is tans op 5 720 Suid-Afrikaanse rand per ton ver bo die 10-dag gemiddeld van 5 400 rand ‘n ton.