Lüderitz kry vyf-ster hotel

Die suidelike kusdorpie van Lüderitz ervaar op die oomblik ongekende ontwikkeling as gevolg van die olie- en gasbedrywe en nou kom die nuus dat ‘n vyf-ster hotel beplan word. Op die oomblik word rolspelers en belanghebbendes uitgenooi om beswaar te maak op die hersonering van erf XVI na ‘besigheid’ om die hotel te bou. Besware moet teen 1 November by Namland Town and Regional Planning ingedien word. Die dorp se burgemeester Phil Balhao het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle hard werk om by te hou met dienslewering, infrastruktuur en bronne soos water en elektrisiteit.