Limpopo skort voedselverkope by skole op, 13-jarige dood

Limpopo se Onderwysdepartement het voedselverkope rondom skole opgeskort nadat ‘n 13-jarige leerder Woensdag dood is. Nog drie kinders is in die Donald Fraser-hospitaal opgeneem en is in ‘n bestendige toestand. Die departement sê die voorkomende maatreël is tydens die eksamen ingestel, maar die Nasionale Skoolvoedingsprogram gaan voort. ‘n Tussen-ministeriële taakmag sal voedselveiligheid ondersoek en langtermyn-oplossings voorsien. Premier Phophi Ramathuba het gemeenskappe gevra om weg te bly van ongereguleerde voedselbronne.