Israel het oornag aanvalle op Iran geloods, operasie afgesluit

Die Israeliese weermag het oornag verskeie aanvalle op militêre teikens in Iran uitgevoer. Die weermag het dit duidelik gestel dat net militêre fasiliteite geteiken word. Die land se openbare uitsaaier het net voor vyfuur Namibiese tyd vanoggend aangekondig dat die aanvalle voltooi is en die operasie verby is. Die weermag sê hy reageer op maande se aanvalle deur Iran en sy gevolmagtigdes in die streek. Daar is geen onmiddellike kommentaar van Iran nie. Die omvang van die aanvalle, sowel as die teikens is tans nie bekend nie.