Ten Hag gee beserings die skuld vir Man United se treurmare

Hoofafrigter Erik ten Hag gee Manchester United se ellelange beseringslys die skuld vir die klub se treurmare wat hom sy posisie kan kos. Die Nederlander ondervind United se ergste afskop in ‘n senior kompetisie sedert die 1989/90-seisoen, hoewel verlede week se oorwinning oor Brentford die druk effens verlig het. Die span is tans 12de in die Premiersliga-kompetisie voor môre se wedstryd teen West Ham, ‘n kragmeting wat Ten Hag nie kan bekostig om te verloor nie. United het nou slegs een van sy afgelope sewe wedstryde in alle kompetisies gewen.