Bok-agsteman lei die Bulle teen Benetton in Treviso

Rugby: Die Springbok agtsteman, Elrigh Louw, sal die Bulle in vanaand se Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd teen Benetton in Treviso aanvoer nadat hy van harsingskudding herstel het. Die veteraan Marcell Coetzee en die opkomende ster Reinhardt Ludwig vorm saam met hom die lostrio. Ludwig het die span verlede week aangevoer toe hulle teen Scarlets verloor het na die Bok-haker Johan Grobbelaar se rooikaart, wat na die wedstryd na geel verander is. Grobbelaar en Louw vertrek Sondag saam met die Bokke na Europa voor hulle toetse teen Skotland, Engeland en Wallis.