Slegte prognose vir jong walvis by Onafhanlikheidstrand

Namibia Ocean Conservation het gister in ‘n plasing op sosiale media gesê ‘n jong boggelrugwalvis het uitgespoel op Onafhanlikheidstrand in Walvisbaai. Gisteraand 10-uur het die groep ‘n noodroep uitgestuur aan die publiek om die walvis te help terugstoot in die see. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation gepraat vir ‘n opdatering. Hy is nie hoopvol dat die walvis sal oorleef nie.