Adjunkregterpresident Hosea Angula word appèlregter

Hosea Angula, adjunkregterpresident van die hoërhof, is as appèlregter in die hooggeregshof aangestel. Angula se aanstelling is Vrydag deur die Regterlike Dienskommissie aangekondig, en is effektief vanaf 1 Desember. Angula dien sedert 2015 as adjunkregterpresident, en is ook sedert 2018 ’n waarnemende appèlregter van die hooggeregshof.