Vermeende pedofiel Maree se bekentenis toelaatbaar

Regter Philanda Christiaan het beslis dat die bekentenis wat vermeende pedofiel Johann Maree ná sy arrestasie gemaak het, toegelaat word in sy verhoor. Maree het ‘n aansoek gebring om dit ter syde te laat stel en beweer dat hy deur polisiebeamptes gedwing is om te bieg. Hy word daarvan aangekla dat hy talle jong seuns in Windhoek seksueel misbruik en pornografiese beelde van minderjariges op die donker web versprei het. Die verhoor is nie oop vir die publiek nie om die identiteite van die slagoffers te beskerm.