Drie joernaliste dood in Libanon na aanval

’n Israeliese aanval vroeg vanoggend het minstens drie joernaliste gedood en verskeie ander beseer terwyl hulle in hul gastehuis geslaap het. Die aanval as in Hasbaya in die suide van Libanon. Die joernaliste het vir pro-Libanese en –pro-Palestynse organisasies gewerk. Daar was geen onmiddellike kommentaar van Israel nie, wat in die algemeen ontken dat hy doelbewus joernaliste aangeval het. Vyf joernaliste is in vorige Israeliese aanvalle in Libanon dood, insluitend Reuters visuele joernalis Issam Abdallah.