Zhongmei se bedrywighede opgeskort na werker sterf

Die arbeidsministerie het alle bedrywighede by die Zhongmei Engineering-groep se perseel op die lughawe pad net oos van die hoofstad opgeskort na ‘n werker aan diens dood it. ’n Ondersoek het ernstige veiligheidsoortredings aan die lig gebring. Die ministerie het bevind dat die oorlede werker nie gekwalifiseerd was om die pligte wat hy gegee is uit te voer nie. Lydia Indombo, die uitvoerende direkteur het meer.

Intussen wil dit voorkom asof NEFF-lid Michael Amushelelo net buite die ministerie se hoofkantoor in die sop is na hy bande brand gesteek het. Hy sê as honger mense honde eet is almal kwaad maar daar word niks gedoen as ‘n werker doodgaan nie.