Sandton-man blykbaar ‘n skerpskutter vir IDF

Die owerhede het ‘n ondersoek van stapel gestuur na ‘n 22-jarige man van Sandton vir sy beweerde die deelname aan die oorlog in Gaza as lid van ‘n elite-skerpskuttereenheid van die Israelse Weermag. Volgens News24 ondersoek die Valke Aaron Bayhack vir sy beweerde rol in die Israel-Gaza-oorlog. Die saak word deur die Valke se Eenheid vir Misdade teen die Staat hanteer. Die Huursoldaatwet van Suid-Afrika verbied Suid-Afrikaners om as huursoldate diens te doen.