Windhoek-verklaring sal risiko van rampe verminder 

Die Afrika-streekplatform vir ramprisikovermindering-konferensie is in Windhoek gehou, gereël deur die Afrika-unie Kommissie, die VN-kantoor vir ramprisikovermindering en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Dit het ten doel om die implementering van die Program van Aksie wat deur die Afrika-unie in 2017 onderskryf is, te versnel. Die konferensie het ook vordering met die implementering van die Nairobi-verklaring geëvalueer. Die adjunk -premier, John Mutorwa, het by die geleentheid gesê dat ‘n verklaring genaamd die Windhoek-verklaring aangeneem sal word om die risiko van rampe te verminder.