Djokovic onttrek aan Parys Meesters 

Novak Djokovic het aan die Parys Meesters onttrek wat moontlik die einde van sy veelbewoë seisoen kan beteken. Die 37-jarige Djokovic se 2024-seisoen het net ʼn Olimpiese goue medalje in Parys opgelewer. Hy sal die eerste keer sedert 2017 die seisoen sonder ʼn Grand Slam-titel afsluit. Djokovic kan steeds kwalifiseer vir volgende maand se ATP-jaareindtoernooi in Turyn. Hy is tans sesde in die wedloop van agt mans wat wil kwalifiseer, maar talle spelers kan hom verbysteek.