Versigtig vir kragkostes – Alweendo 

Die energie-minister Tom Alweendo het elektrisiteitsverskaffers gewaarsku oor die kostes van voorsiening omdat mense dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Hy sê Nored het hom reeds genader oor gemeenskappe wat wel aan die netwerk gekoppel is maar nie krag gebruik nie omdat dit te duur is. Hy sê dit lei tot ‘n makroekonomiese uitdaging waar werk geskep moet word – veral in landelike gebiede. Plaaslike owerhede kan ook nie hulle skuld aan NamPower betaal nie eenvoudig omdat inwoners nie hulle rekenings kan vereffen nie. Die regering se beleid stel 2040 as die teiken vir universele toegang tot elektrisiteit.