Liebenberg-egpaar bly agter tralies 

Die diamanthandelaar Louis Liebenberg en sy vrou, Dezzi, bly nog vir die volgende week agter tralies oor ‘n beweerde bedrogspul met diamantbeleggings van 4 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die Landdroshof in Bronkhorstspruit, Gauteng het borgtog wat wissel tussen 20 000 tot 100 000 rand toegestaan aan drie medebeskuldigdes, Magdelena Kleynhans, Helena Schulenburg en Walter Niedinger. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die saak sal Donderdag voortgaan, omdat vier ander beskuldigdes nog besig is met die voorbereiding van hul borgtogaansoeke: