LA se aanklaer gaan aan hof beveel om Menendez-broers te hervonnis

Die Los Angeles-distriksaanklaer, George Gascón, sal aanbeveel dat Erik en Lyle Menendez weer deur ʼn regter gevonnis word, en dus op parool vrygelaat word. Die broers is meer as drie dekades gelede skuldig bevind aan die moord op hul ouers. Hulle dien ʼn lewenslange vonnis sonder moontlikheid van parool in Kalifornië uit. Gascón sê nuwe bewyse regverdig hul vonnisse se hersiening. Aanklaers het tydens die verhoor in 1990 die broers beskryf as ryk kinders wat vir geld gemoor het. Die verdediging het egter aangevoer hulle het ná jare lange emosionele, fisiese en seksuele mishandeling uit selfverdediging opgetree. Gascón het met die media gepraat.