Stad weerlê gerugte oor hospitaalgrond

Die herrie is los oor die nuwe distrikshospitaal in Windhoek wat in Mei vanjaar amptelik van stapel gestuur is. Stad Windhoek het die week ‘n kennisgewing vir besware geadverteer, waaronder die stuk grond, ter waarde van amper 19 miljoen dollar. Dit het talle aantygings veroorsaak maar, die Stad sê dit is ‘n standaard wetlike vereiste. Die grond is reeds in 2017 aan die gesondheidsministerie toegeken. Die Stad sê verder weens kommer oor moontlike grondbesettings, is die ministerie toegelaat om die terrein te omhein terwyl die nodige statutêre prosesse, insluitend openbare kennisgewings vir besware, afgehandel word.