Honderde miljoene rande vir SA kankerpasiënte nie bestee

Die DA in Gauteng sê hy sal voortgaan om druk toe te pas dat privaat gesondheidsorg dringend betrokke raak om kankerpasiënte in staatshospitale se lewens te red. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het onthul dat 2 652 kankerpasiënte op die waglys vir bestralingsterapie is, maar ten spyte daarvan is 511-miljoen Suid-Afrikaanse rand van die begroting vir dringende kankergevalle sedert April verlede jaar nie bestee nie. Jack Bloom van die DA sê die LUR se verskoning is dat die uitkontraktering aan privaat fasiliteite weer geadverteer moet word.